Aandele is tops, maar dit is ‘n halwe waarheid

09 Januarie 2018

Teen hierdie tyd het jy waarskynlik al die laaste sandkorrels uit jou ore gewas en die eerste van jou nuwejaarsvoornemens laat vaar.  Die ou met die geel hare het ten minste nog nie die rooi knop gedruk nie so daar is nog hoop vir ons almal vir 2018.  Voor ons drome droom van ‘n voorspoedige 2018 is dit dalk die moeite werd om net terug te kyk na wat 2017 opgelewer het in die finansiële markte, hoe om dit te interpreteer en wat dit moontlik, indien enigiets, sê van wat ons kan verwag van 2018.

Uit bostaande tabel kan ons sien dat ‘n belegging in SA aandele vir jou ‘n opbrengs van 21% kon oplewer oor die afgelope jaar terwyl buitelandse kontant (Dollars) vir jou ‘n daling van bykans 10% op die hals sou haal.  Behalwe vir die 2017 syfers is hier heelwat data en sommige daarvan het verdere uitbreiding nodig na my mening.

 

 

 

 

 

Ten slotte:  Nuusvloei kan ons op die verkeerde aspekte laat fokus.  Steinhoff se probleme is gewis tragies en van groot belang vir almal betrokke, maar die impak daarvan op Jan Publiek was wesenlik kleiner as wat die keuse oor bate-allokasie sou wees in 2017.  Die hoeveelheid emosie wat dit egter opgewek het by pensionarisse oor hulle blootstelling daaraan is na my mening uit proporsie geruk.  As ons die klok kan terug draai en jy kon kies om verlede jaar 100% in Amerikaanse dollers te kon bele (‘n sogenaamde veilige hawe) of in die JSE (met sy Steinhoff drama), watter een sou jy kies?  Probeer dus altyd perspektief behou wanneer jy met dramatiese nuusvloei gekonfronteer word en vra iemand om syfers in konteks te plaas alvorens jy oormatig bekommerd raak of oorhaastige besluite neem.

 

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X