Woodland Wealth – Achieve Optimal Long-Term Wealth Growth

Aftrede: ’n Ballade vir die pligsgetroues

Deur Deidré Valentine 26 April 2025 Wanneer dit by Suid Afrika kom, is mens geneig om net oor die negatiewe aspekte van die land te lees, en ons kyk ons mooie natuurskoon, ons goeie sin vir humor, lekker kos en goeie mense mis. Net so, lees mens dikwels net van die “handbriek”-kant van aftreebeplanning, en […]

Volg jou ‘padkaart’ na sukses

Deur Cassie Carstens 1 Maart 2025 Daar is iets aan ’n outydse padkaart. Daar was ’n vertrouensbasis ingebou in daardie uitvou-AA-Karoo-kaarte en vandag het dit vervaag na nostalgie. Dit was my plig as kind om op ons gesin se langpadritte dié kaart te bestudeer en dan van agter af te skreeu waar ons moet draai. […]

Geen besluit is ook ‘n besluit

Deur Andró Griessel Besluite, of hulle geneem word of nie, bepaal hoe jou lewe verloop. Ek kan dit nie genoeg herhaal nie. Jy kan besluit om nie ’n besluit te neem nie, maar dit is ook ’n besluit en het bepaalde gevolge. Of jy dus daarvan hou of nie, die vermoë om goeie besluite te […]

Wense word nie altyd waar

Deur Cassie Carstens Daar is wel maniere om geskenk van beleggingsgemoedsrus te kry Al gaan die Kerstyd nie oor geskenke nie, sit die meeste kinders Oukersaand voor die boom en skud, ruik en bekyk hul toegedraaide geskenke om te raai wat daarin is. Ons almal ken die gevoel van opgewonde afwagting. My drie-jarige soek vanjaar […]

Verlang jy ook na 1985?

Deur Andró Griessel Is jy doodseker dit was wel die ‘goeie ou dae’? Ek mis 1985! Die lewe was goed! Desiré Steyn het ja gesê vir ’n kys, my gholfvoorgee was 12 (tans 30), ek het die eerste keer in ’n vliegtuig gevlieg in my lewe (vir gholf nogal) en so pas geleer vasdans. Ons […]

Skei die koring van die kaf

Deur Andró Griessel Menings wat nie feite is nie, kan jou duur te staan kom Daar is ’n gesegde wat lui “almal is geregtig op hul eie mening, maar nie op hul eie feite nie”. Dit voel vir my deesdae asof almal ’n oortuigde mening het oor buitelandse beleggings, maar hoe belyn is van hierdie […]

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X